Impala Voortrekkers

Ons almal weet hoe moeilik dit is om ’n kind groot te maak. Ons as ouers het betrokke geraak by die Voortrekkers as offisiere, heemraadslede of net as deelnemende ouers omdat ons besef het dat ons nie alle kennis in pag het nie. Ons besef ons is nie spesialiste op elke vlak nie, maar deur ons spesialiteite bymekaar te sit, kry ons die beste vir ons kinders. Wat die Voortrekkers seker een van die beste buitemuurse aktiwiteite maak, is die ABC grondslag:
Afrikanerskap: Vul die skool kurikkulum aan deur alles van ons geskiedenis te leer.
Burgerskap: Leer wat is jou verantwoordelikhede en regte in ons land.
Christenskap: Leer meer van Jesus en spandeer tyd saam met mede-Christene.
Spreuke 27:17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.
Aangesien ons nie vergeet dat kinders steeds kinders is nie, maak ons seker hulle geniet dit wat hulle leer deur die leer ervaring te verpak in:
Avontuur: Nagmarse, lanternbekruip, vuil word, kleilat gooi, visvang.
Natuur: Stap in die veld, berge, of langs die see, leer die diere en plante ken deur
hulle in die veld te sien.
Onafhanklikheid: Alleen gaan kamp: Spankampe, Kommando Kamp(2009 Bloedrivier en Richardsbaai),Gebiedskampe (Hoëveld -, Jakaranda -, Swartvlei - en Venterskroon kamp)
Kontakpersone:
Kommandoleier: Elsa Schnetler Sel 0827072010
AKL Bemarking: Annelie Du Plessis Sel 0823367351
Bankbesonderhede: Impala Voortrekkers
Standard Bank: Rekening nommer 020299788
Tak Nommer 051001

Impala Voortrekkers vergader elke Dinsdag tussen 17:00 en 18:00 by Impala Voortrekkers se kompleks. (Ook bekend as Woepel Doepel).
Adres: Rooibosstraat 46 Allen Grove Kempton Park
Koordinate: S 26* 05' 07.86' O 28* 13' 58.05"
Posadres: Langeberglaan 66 Van Riebeeck Park Kempton Park 1619

Jy is Besoeker
Free Counter
Web Teller